Koppie vir Koppie, Storie vir Storie 4

R750,00

Hierdie koppies is oorspronklik op ’n sypaadjie in Nederland opgetel – ’n Nederlandse gebruik waar mense dinge uitsit vir wie ook al dit nodig het. My ouma se suster het hulle in haar handsak teruggebring Suid-Afrika toe, as geskenk vir haar in Williston. Jare later het my ouma hulle vir my gegee. Sedertdien het hulle wyn en laatnagkoffie gesien – en as koppies kon praat, sou hul baie kon vertel.

MEDIUM: Blou pen en waterverf
DIMENSIONS: 210 x 134mm

Availability Enquiry
Category Tag

Die storie agter die koppies. My ouma se suster het hierdie koppies uit Nederland saamgebring – nie van ’n winkel af nie, maar van ’n sypaadjie. Daar is dit mos gebruiklik dat mense hul ongewenste items net buite neersit, sodat enige iemand dit kan vat. Op ’n dag het sy hierdie stel van ses koppies op so ’n sypaadjie raakgeloop. Sy het hulle opgetel, sorgsaam in haar handsak gepak en hulle al die pad terug Suid-Afrika toe saamgebring – as geskenk vir my ouma in Williston. Jare later, toe ek weer by my ouma kuier, het sy vir my gesê ek mag die koppies vat. Sy het geweet hoe lief ek daarvoor is. Sedertdien het daardie koppies al baie rolle vervul – as wynkoppie op laat somersaande, of as koffiekoppie in stil middernagte. As hulle kon praat, sou hulle stories kon vertel van lande ver en naby, van sypaadjies en sitkamers, van sussies en kleinkinders – en van alles wat tussenin gebeur het.

Scroll to Top