Lone Wolf

R980,00

“Lone Wolf” becomes a metaphor for the time I spend in my studio, between the hours of 4 am and 6 am each day. This is the time I am the most creative, when the world is asleep and I can work undesturbed.

MEDIUM: Ink and Watercolour on paper
DIMENSIONS: 290 x 210mm

Availability Enquiry

“Lone Wolf” is ‘n beeld van dit wat my inspireer, dit wat my menswees en kreatiwiteit voed. Ek is op my gelukkigste 4uur in die oggend, in my studio, wanneer my huismense en die wêreld daarbuite nog slaap. Die kaktus buite my studio maak groot maanblomme wat verwelk as die son sy verskyning maak, asof net beskore vir die wat die nag omhels. Hulle val grond toe met die eerste strale van die oggendson. In die alleen oggendure se lees en luister, op my studio se bank, in die stilwees, kry ek die krag vir dit wat die dag inhou. Dis in die alleen tye, op die pers bank met swart en geel blomme, waar ek my troos en my tuiskoms vind. Nie êrens daar buite nie, maar binne, binne my huis maar ook binne my hart.rnSoos die kunstenaar Michael Heyns eenmaal gesê het:”Dis ‘n klein betaan, maar dis myne”. Ek dink baie aan die mens wie hy was, en hoe sy kuns my gevorm het. Sy huis was sy hartsplek en so ook myne.

Scroll to Top